Volksraad Verkiesing Kommissie

 


10 Februarie 2017

Mediaverklaring: Chaos in die Parlement

Die chaos in die Parlement gisteraand is net nog ‘n simptoom van die mislukking van die sogenaamde demokrasie wat De Klerk op Suid-Afrika afgelaai het . Verbeel jou! Die Weermag en onlustepolisie moet ingespan word om die president geleentheid te gee om ‘n toespraak (wat iemand anders waarskynlik vir hom geskryf het)  in ‘n halfleë parlement uit te stotter. Hy hoef niks te gesê het nie; die wanorde en die geweld waarmee dit onderdruk moes word, is voldoende demonstrasie van die “stand van die nasie” na 23 jaar van die heersende bedeling.

Tydens die 84 jaar van blanke bewind sedert unifikasie het so-iets nóóit voorgekom nie, selfs nie eers ten tyde van die skerpste meningsverskille tussen politieke partye nie. Die parlement was ‘n waardige instelling; sulke optrede  was eenvoudig ondenk baar.

Dié verskil toon hóé reg diegene was wat hulle uit die staanspoor van hierdie (nie-rassige? Ba! Veelrassige!) politieke bedeling gedistansieer het, en aandring op nasionale vryheid vir elke volk wat dit begeer  in ‘n eie vaderland.  Dié aandrang sal toeneem namate meer en meer dwangmaatreëls en wette toegepas word om ‘n ding wat nie wil werk nie, te probeer maak werk. Jy kan skud soos jy wil, olie en water meng nie. Die verskille is eenvoudig te groot, en hulle verdwyn nie met die tyd nie.

     

Suid-Afrika het ‘n nuwe grondwet nodig wat voorsiening maak vir die verskille en nasionale aspirasies van die onderskeie volkere in Suider-Afrika.


Andries Breytenbach

Voorsitter 

Mobiel: +2782 322 6590

   

e-Pos: andries.breytenbach@gmail.com